Dans, Lisa!

Okay, so ‘n jaar en ‘n half of wat terug het ek ‘n gedig geskryf wat net met titels en lirieke en ander bronnde van Deon Meiring en Bouwer Bosch se werk afsonderlik en gemeenskaplik gemaak is, ek wou dit vir hulle stuur maar het teen dit besluit. Ek’t dit toevallig weer gelees en wou dit net iewers met iemand deel!

Almal maak voute

Maar liefde wen

Gisteraand het ons die wêreld leer ken

Die waarheid maak seer

Maar net as jy dit glo

My oë doen die praatwerk

Want mooi is net ‘n woord

Ek weet jy weet

Dat ek jou wil hê

En ses jaar later

Sukkel ek steeds met wat om te sê

Ek wil nog met jou dans

Want sonder liefde is ons niks

So haal net af jou masker

Want ek is mal oor jou gesig

klaar


Ek maak vandag ‘n besluit om nooit weer iemand in my hart in te laat nie, want almal wat ek toelaat om my hart te bewoon beroof my.

Vandag sit ek my voet neer. Ek sal nie weer my hart uitleen nie, want ek kry hom altyd in stukke terug.

Van nou af, as jy deel van my lewe wil wees, wys dit.

As jy my soek, vind my in China, want dis waar hy hart lê✌🏼️

gatvol


Ek’s effens gatvol vir die die verslaafdes

Vir drank en alkohol

Vir mense met hul e-sigarette

Ey brah hoe klink dit met ‘n zol?


Ek’s gatvol vir verliefdes

Wat orals staan en vry

So in mekaar se oë staar

Vir altyd, net ek en jy


Ek’s gatvol vir konserwatief

Mense wat rock-musiek afdraai

En kykend na sy vrou:

Maak óns seun daai lawaai?


Ek’s gatvol vir verskoning-makers

‘Procrastinators’ as jy wil

Dinge moet gedoen word

Ek sal dit nounou doen, man, chill!


Maar nou na als besef ek,

Ek ken hierdie mense self

Nou kom ek eers tot insig:

Ek’s eintlik net gatvol vir myself

die donnerse skoenboks

Vanaand sal ek alles in ‘n skoenboks sit

Al ons memories van die laaste 9 maande bietjie laat rus

Hier en daar is alles nog deurmekaar

Maar die skoenboks sal goed wees vir my hart

Daar sal ‘n traan wees (verseker)

Ek sal huiwer om dit klaar te pak

En as ek klaar is sal ek dit veilig bêre

Hoekom, my kind?

Want hierdie boks hou ook goeie herrineringe

Liefde?

So, wat is dit nou eintlik?

Is dit die tong-in-die-long sessies?

Is dit hande vashou?

Soen?

Omhels?

Is dit in jou oë?

Is dit eers in jou hart?

Is dit eers in jou?

Is dit dieselfde as lus?

Is dit net geldig vir een persoon op ‘n tyd?

Bestaan dit appart van die ander persoon?

Dit is die een ding wat in alle gelowe ooreenstem, die een ding wat jy nie fisies binne jou kan ontken nie, die een ding wat mense bymekaar bring. 

Dit is net daar binne jou al wens jy soms dit was nie. Dis deel van jou DNA. 

Dit is die omgee tussen mense, die roeping binne jou om jou hand uit te steek om hulp aan te bied, dit is die verval van haat.

Liefde is ‘n vreemde ding, maar wat sou ons sonder dit wees?

die wêreld soos ons dit ken?

Wat as jy wakker woed en besef jou nagmerries oortref jou wakker-wêreld?
Wat sal jy doen as die jy omdraai met ‘n klomp messe diep gewurg in jou rug?
Sal jy vir altyd die seer kan verteer?

Wanneer die leuens jou keel wurg sal jy kan asem haal?

Wat as jy eendag ál die grappies gehoor het

en niks jou meer laat skaterlag?

Wat as jou skatkis begrawe

maar net ‘n gejaag na wind was?

Sal jy dán nog glo?

Versuip in jou sondes

En raak opewonde

Oor wêreldse wonders

Noem jy dít leef?